dcsimg

Spikkel-kuilvissie ( afrikaans )

tarjonnut wikipedia AF

Die Spikkel-kuilvissie (Nothobranchius orthonotus) is 'n varswatervis wat voorkom in riviere op die oostelike kusvlakte van Afrika vanaf die onderste gedeelte van die Zambezirivier tot by Mkuze in KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Spotted killifish.

Voorkoms

Die vis het 'n stewige lyf met die dorsale vin agter op die lyf, teenoor die anale vin. Beide vinne is omtrent ewe groot. Die stertvin is groot en bolrond terwyl die kop groot en met skubbe bedek is. Mannetjies het groter dorsale en anale vinne as die wyfies. Die vis word tot 100 mm lank.

Wyfie

Die wyfies is eenvoudig vlesig bruin met 'n ligte silwer of blouerige skynsel.

Mannetjie

Die mannetjies het 'n rooi of blou voorkoms. By beide voorkomste is daar rooi spikkels op die kop. By die vis met die rooi voorkoms is die skubbe geel of blou in die middel met helder rooi rantjies. Die stert-, pektorale- en bekken vinne is rooi. Daar is rooi strepe op die basis van die dorsale en anale vinne; die vinne is groen met wynrooi kolle op die onderste helfte terwyl die rante van die vinne helder wit is.

By die vis met blou voorkoms is die rooi kleur minder opvallend en die skubbe met blou in die middel domineer. Die vinne is groen met klein rooi strepe en kolle. Die stertvin het feitlik geen kolle op nie.

Die Beira-kuilvissie lyk baie soos die vis met die rooi voorkoms en daar is 'n kans dat dit dieselfde spesie mag wees.

Sien ook

Eksterne skakel

Bronne

Verwysings

  1. J. Engelbrecht, R. Bills, B. E. Marshall & D. Tweddle (2007) Nothobranchius orthonotus In: IUBN 2009. IUBN Rooi Lys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2009.2. www.iucnredlist.org Verkry op 9 Februarie 2010.
Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
lisenssi
cc-by-sa-3.0
tekijänoikeus
Wikipedia skrywers en redakteurs
alkuperäinen
käy lähteessä
kumppanisivusto
wikipedia AF

Spikkel-kuilvissie: Brief Summary ( afrikaans )

tarjonnut wikipedia AF

Die Spikkel-kuilvissie (Nothobranchius orthonotus) is 'n varswatervis wat voorkom in riviere op die oostelike kusvlakte van Afrika vanaf die onderste gedeelte van die Zambezirivier tot by Mkuze in KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Spotted killifish.

lisenssi
cc-by-sa-3.0
tekijänoikeus
Wikipedia skrywers en redakteurs
alkuperäinen
käy lähteessä
kumppanisivusto
wikipedia AF